Opleiding in Potchefstroom – 14-06-2018

Klein Kabouterskleuterskool in Potchefstroom het besluit om SmartBrain se Voorskoolse Leerprogram by hul bestaande program te voeg.  Hier onder is van links na regs Nicola de Lange (eienares) en Jeannene de Villiers (wat die program gaan aanbied).  SmartBrain is opgewonde om te dink dat 150 leerders elke dag hierdie breinstimulasie gaan geniet.

Nicola skryf en se: “Ons het die kursus baie geniet en soveel geleer! Kan nie wag om te begin nie.”

Verder het Middelburg ‘n nuwe sentrumeienares, terwyl SmartBrain Klerksdorp en Potchefstroom so vinnig groei dat ‘n fasiliteerder vir beide plekke opgelei was. Van links na regs is daar:

Janine Smite – Middelburg

Zjaan Jansen van Rensburg – Potchefstroom

Bernadine vd Westhuizen – Klerksdorp

 

Welkom aan boord

 

 

 

 

Byeenkoms van Noordelike SmartBrain Sentrums 08-06-2018

Die jaarlikse Noordelike SmartBrainsentrum byeenkoms was weereens in Krugersdorp gehou.  Sentrums van tot so ver as Klerksdorp, Potchefstroom, Middelburg, Doornpoort, Edenvale en Standerton het moeite gedoen om hierdie Saterdagoggend die byeenkoms mee te maak. Marilyn Opperman het die byeenkoms geopen en Sentrums bedank vir hul toegewydheid aan SmartBrain en die jeug van ons land.  Sy het almal aangemoedig om te volhard en om die kwaliteit van hul werk hoog te hou. Daarna is sertifikate aan die beste SmartBrainsentrums in 2017 aan die onderskeie SmartBrainsentrumeienaars oorhandig.

Die wenners was as volg:

  1. SmartBrain Bellville – Van links na regs – Anel Zeederberg, Celia Albasini-van Dyk, en Marilyn Opperman en Brand van Dyk van SmartBrain Hoofkantoor

2. SmartBrain Klerksdorp – Loretha van Dyk

3. SmartBrain Edenvale – Daleen Saaiman

4. SmartBrain Standerton – Carla Human

SMARTBRAIN Sentrums wat ook baie goed gedoen het was:

5. SmartBrain Vredendal, 6. SmartBrain Benoni, 7. SmartBrain Pretoria Noord, 8. SmartBrain Brackenfell 9. SmartBrain Kuruman en 10 SmartBrain Lepelale

Daarna het SmartBrain Hoofkantoor ‘n ‘lucky draw’ gehad.

Cecile Scholtz van Speelgoedland kleuterskool in Doornpoort het SmartBrain se nuwe Graad R-wiskundeprogram gewen,

terwyl Bernadine en Priscilla van Klerksdorp elk ‘n nuwe Graad R-leesprogram gewen het.

Dit was Brand van Dyk se taak om vir almal van Worldwide Literacy te vertel en hoe die SmartBrainsentrums in die toekoms daarby kan baat. Worldwide Literacy is as Seksie 18 Nie-vir-wins maatskappy by SARS geregistreer met die uitsluitlike doel om donateurs te nader om ouers, kleuterskole en skole te help wat nie die finansies vir SmartBrain klasse het nie.

Daarna het Celia Albasini-van Dyk, skrywer van die SmartBrain Graad R en vlak 1 wiskunde program, kortliks opgesom waaroor die program gaan en hoe dit aangebied moet word. Baie van ons ouers vra of SmartBrain ook wiskunde aanbied en daarom dan het SmartBrain Hoofkantoor haar genader om te sien of hul nie ook in fondasie wiskunde kan spesialiseer nie.  Die program bestaan uit vier handleidings, een vir elke kwartaal, met werkskaarte vir elke week van die kwartaal. Haar program is op die CAPS uitkomste gebasseer.  Hierdie is voorwaar ‘n wonderlike toevoeging tot die SmartBrain programme.  SmartBrain beplan ook om Graad 2 en 3, wat dan vlak 2 en 3 sal wees, in die nabye toekoms te voltooi.

 

Nogmaals dankie vir elkeen wat SmartBrain so op die hart dra. Sou enige SmartBrain sentrum wat nie die byeenkoms kon meemaak nie, meer informasie wou bekom oor Worldwide Literacy en hoe hulle kan betrokke raak, of meer van die nuwe Graad R en vlak 1 wiskunde program, moet hulle met Hoofkantoor kontak maak.

Dankie aan Anel Zeederberg en haar ouers vir die organisasie om die byeenkoms weereens by hulle aan huis te kon hou.

SmartBrain Hoofkantoor sien daarna uit om julle almal volgende jaar Junievakansie by ons opleidingsgronde in Kaapstad te huisves. Maak nou reeds planne om Juniemaand Kaap toe te kom.

The ones who are crazy enough to think they can change the world, ARE THE ONES WHO DO.”

 

 

 

 

 

 

 

 

SmartBrain Grade R’s in Bellville South

20170612_091309Below are extracts from an article written by Astrid Februarie in the Tygerburger recently.  She wrote:

“In an effort to prepare learners for Grade 1, Bellville South Primary School is hoping to implement a programme to help stimulate the minds of their learners to make the learning process easier.

Diane Cupido, the principal, says there are far too many learners who start Grade 1 and don’t even know their own first name, age or how to pronounce the alphabet, and she is determined to change this at her school by means of the SmartBrain programme.

“This programme is aimed at learners who have difficulty processing information and remembering it as well.  We intend to start this programme in our Grade R classes as learning the basics, which include knowing the alphabet (sounds), knowing how to accurately write these letters in order to write their own names, because it is important to their academic career and they cannot be passed onto the next grade if they do not know these basics”, she says

Cupido says although they have several learners who attend the SmartBrain Child Development Institute in Bellville and have seen the progress, they found that there are more children who are in need and therefor approached the Institute to invest their skills at the school.

20170627_091001

“We do not only want to expose our grade R learners to the programme, but children in all grades who have developed a learning disability due to not learning or not being taught the necessary skills at a younger age,” she says.

The SmartBrain programme that was established and founded in Cape Town in 1996 by Marilyn Opperman and Brand van Dyk, has helped uplift countless struggling learners and have trained a multitude of parents to be forward-thinking in stimulating their children to give them greater opportunities to develop their potential.

Their mission is to equip learners, parents and educators with scientifically proven learning methods and information about how the brain can be programmed for giftedness so that they will know how to lay the right foundation from birth right through to adulthood, to serve as springboard from where success can be achieved in all spheres.

Cupido says the school is in talks with a sponsor to make the programme available to all learners and teachers, and once this is finalised the programme will be running at the school three times a week with follow up meetings with parents every three months.

“This would help us reach our academic goals we have set out for ourselves,” she adds.

SmartBrain’s advanced study and memory programme:

Dalron Pedro, Grade 12 learner at Settlers High, says thank you. Six months ago his marks for Afrikaans were 40%. Due to SmartBrain’s intervention he passed his final year with 69% for Afrikaans.

 

IMG-20170215-WA0000

Prof Kobus Maree says in his book “Make your child brighter”, that study does not only improve the child’s performance, but  it always leaves a psychological residue. He says that something remains with the child, something rubs off on the child, and that the child gradually acquires a larger frame of reference. In other words, he says: with every little bit of information the  child masters, he/she becomes a little brighter.

Die vaardigheid om goed en met begrip te kan lees is die hoofrede waarom leerders goed vaar op skool.

SmartBrain spesialiseer daarin om voorskoolse leerders skoolgereed te kry en lê ‘n stewige basis vir lees-, skryf-, wiskunde- en kreatiewe vaardighede.

SmartBrain se Graad R- lees-, skryf en wiskunde programme is vir kinders tussen 4 en 6 jaar en verseker ‘n soliede fondasie vir latere skool sukses.

Voordele van so ‘n program vir u voorskoolse kind:

• ‘n Versekering dat u kind nie een dag op skool tussen 30 ander kinders gaan verdwyn of agter raak nie.
• Dit voorkom nie net lees- en wiskunde agterstande nie, maar is vir baie leerders ‘n begeleiding na begaafdheid.

Wat sê die kenners:
“Getuienis dui al hoe meer daarop dat kinders wat moeilik leer en selfs dié wat op die grens van verstandelike gestremdheid staan, dalk nie behoorlike intellektuele stimulasie in hulle baie vroeë jare ontvang het nie.

Dit lyk asof daar ‘n kritieke periode is in die eerste drie tot vier jaar wanneer die potensiaal vir intellektuele groei aangegryp moet word. Daar is ensiemstelsels in die brein wat in hierdie kort tydjie geaktiveer moet word. As ‘n mens hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip, kan die kind dalk nooit sy of haar potensiaal bereik nie”.
James Dobson

 20170627_091001