SmartBrain praat uit ervaring op Radio RSG

Category : SmartBrain in the Media, Uncategorized

Aandag alle RSG luisteraars! SmartBrain het weer ‘n praatjie op Radio RSG op 27 Mei 2012. Skakel in om te meer te hoor oor die kursusse beskikbaar, die teorie agter die beginsels en eerstehandse ervaring van ‘n ma en kind wat SmartBrain vanaf baba-stadium toegepas het!

Is jy ‘n ouer wat die beste voorskoolse opvoeding vir jou kind verlang? Die “Begeleiding tot Begaafdheid” oueropleiding is vir jou. Elke kind word gebore met oneindig baie potensiaal sodat twee of meer tale, wiskunde, kinestetiese en estetiese vaardighede met gemak beoefen kan word. MAAR, daar is ‘n vensterperiode waarin hierdie basiese vaardighede bemeester moet word om die grondslag daar te stel.

Hierdie seminaar bemagtig die ouer om fondasievaardighede suksesvol aan ‘n jong kind oor te dra. Die ouer is steeds ‘n kind se eerste en belangrikste onderwyser!

Of, is jy dalk ‘n ouer met ‘n kind wat weier of sukkel om te lees? SmartBrain se Klankbemagtiging Kursus is net wat jou kind nodig het! Vir kinders wat nie lees nie, letters omkeer of verkeerd lees, is hierdie kursus die antwoord om die 44 fonetiese klanke waaruit die taal bestaan, te bemeester. SmartBrain is ‘n meester op hierdie gebied.

Vir meer informasie of om in kontak geplaas te word met ‘n leesspesialis wat jou en jou kind kan help, e-pos jou naam, telefoonnommer en adres na brand.smartbrain@gmail.com.

Onthou om in te skakel op RSG, 27 Mei!

Article in Die Kwêvoël

Category : SmartBrain in the Media

Like a bird chirping to spread the word… Read this article in Thabazimbi’s Die Kwêvoël. Testimony to the programme and the good work of our local centre there, making a difference, one child at a time.

Click on the image to read the full article.