Loretha van Dyk gaan groot in Klerksdorp en Potchefstroom

Category : Uncategorized

‘n Vrou met ‘n groot hart is Loretha van Dyk. Behalwe dat sy ‘n leerskool het wat kinders inneem wat nie in die hoofstroom aanpas nie, het sy ook ingesien dat hierdie kinders veel vinniger gehelp kan word as hulle ook die SmartBrain leesprogram volg. Inderhaas moes sy ‘n huis vir die kinders inrig. ┬áSommige van die klassies vind selfs buite in die tuin plaas, omdat daar nie genoeg klaskamers vir al die kinders is nie.

 

SmartBrain se leeslessies en studiekursusse word in die middag by die sentrum in Klerksdorp en in Potchefstroom aangebied.

20170130_094254

20170130_143057

 

 

 

Twee nuwe fasiliteerders was vroeg 2017 opgelei om haar hande te versterk. Aan die linkerkant is daar Priscilla wat haar moet help in Klerksdorp en aan die regterkant is daar Natasha, wat in haar finale jaar vir Grondslagfaseonderwys is, wat haar in Potchefstroom gaan bystaan.

20170201_105407

Comments are closed.