Vroeg begin lewer stewige dividende

debbie van lill se kindEk het my seuntjie op SmartBrain begin toe hy omtrent 6 weke oud was met 1 woord per dag. Op 9 maande het ek hom eers werklik op die jaarprogram begin en dit maar elke 2e dag gedoen. Hy is nou 15 maande oud en HY skreeu nou vir my hy wil Smartbrain doen. Ons moet nou elke dag alles kyk – die hondjies, katjies, perde, vrugte, groente, voeltjies tot die wilde diere, vliegtuie, masjiene en die diere- en kosboek! Dit vat my nou al ‘n goeie uur om dit deur te gaan soos wat hy dit weer en weer wil sien. Met elke nuwe stel lag hy van opgewondenheid!
Dit is onbeskryfbaar watter ‘spark’ daar in my baba se brein is! Hy snap goed ongelooflik vinnig en sy assosiasie en woordeskat is ver bo sy ouderdom se gemiddeld. Daardie liefde vir leer en lees is al klaar vasgele. Hy kan nie sy boekies uitlos nie en smag na nog inligting. Hy het nou letterlik ‘n Smartbrain!