‘n Groot verlies!

Dit is met hartseer dat ons afskeid neem van een van SmartBrain se sentrum eienaresse, Judy van Niekerk, wat haar stryd teen kanker, teen die einde van 2016, verloor het.

As eienares van die SmartBrain Ellisras tak, het sy, vir vyf jaar in ‘n ry, as beste sentrum in die land, met die louere weggestap. Haar bemarking was so suksesvol, dat mense vanuit Botswana gery het om hul kinders na haar leessentrum te bring. Judy het ‘n passie vir kinders gehad en het SmartBrain, tot en met haar dood, met oorgawe aangebied.

Judy van Niekerk Eienaares van Tolwe