Byeenkoms van Noordelike SmartBrain Sentrums 08-06-2018

Die jaarlikse Noordelike SmartBrainsentrum byeenkoms was weereens in Krugersdorp gehou.  Sentrums van tot so ver as Klerksdorp, Potchefstroom, Middelburg, Doornpoort, Edenvale en Standerton het moeite gedoen om hierdie Saterdagoggend die byeenkoms mee te maak. Marilyn Opperman het die byeenkoms geopen en Sentrums bedank vir hul toegewydheid aan SmartBrain en die jeug van ons land.  Sy het almal aangemoedig om te volhard en om die kwaliteit van hul werk hoog te hou. Daarna is sertifikate aan die beste SmartBrainsentrums in 2017 aan die onderskeie SmartBrainsentrumeienaars oorhandig.

Die wenners was as volg:

  1. SmartBrain Bellville – Van links na regs – Anel Zeederberg, Celia Albasini-van Dyk, en Marilyn Opperman en Brand van Dyk van SmartBrain Hoofkantoor

2. SmartBrain Klerksdorp – Loretha van Dyk

3. SmartBrain Edenvale – Daleen Saaiman

4. SmartBrain Standerton – Carla Human

SMARTBRAIN Sentrums wat ook baie goed gedoen het was:

5. SmartBrain Vredendal, 6. SmartBrain Benoni, 7. SmartBrain Pretoria Noord, 8. SmartBrain Brackenfell 9. SmartBrain Kuruman en 10 SmartBrain Lepelale

Daarna het SmartBrain Hoofkantoor ‘n ‘lucky draw’ gehad.

Cecile Scholtz van Speelgoedland kleuterskool in Doornpoort het SmartBrain se nuwe Graad R-wiskundeprogram gewen,

terwyl Bernadine en Priscilla van Klerksdorp elk ‘n nuwe Graad R-leesprogram gewen het.

Dit was Brand van Dyk se taak om vir almal van Worldwide Literacy te vertel en hoe die SmartBrainsentrums in die toekoms daarby kan baat. Worldwide Literacy is as Seksie 18 Nie-vir-wins maatskappy by SARS geregistreer met die uitsluitlike doel om donateurs te nader om ouers, kleuterskole en skole te help wat nie die finansies vir SmartBrain klasse het nie.

Daarna het Celia Albasini-van Dyk, skrywer van die SmartBrain Graad R en vlak 1 wiskunde program, kortliks opgesom waaroor die program gaan en hoe dit aangebied moet word. Baie van ons ouers vra of SmartBrain ook wiskunde aanbied en daarom dan het SmartBrain Hoofkantoor haar genader om te sien of hul nie ook in fondasie wiskunde kan spesialiseer nie.  Die program bestaan uit vier handleidings, een vir elke kwartaal, met werkskaarte vir elke week van die kwartaal. Haar program is op die CAPS uitkomste gebasseer.  Hierdie is voorwaar ‘n wonderlike toevoeging tot die SmartBrain programme.  SmartBrain beplan ook om Graad 2 en 3, wat dan vlak 2 en 3 sal wees, in die nabye toekoms te voltooi.

 

Nogmaals dankie vir elkeen wat SmartBrain so op die hart dra. Sou enige SmartBrain sentrum wat nie die byeenkoms kon meemaak nie, meer informasie wou bekom oor Worldwide Literacy en hoe hulle kan betrokke raak, of meer van die nuwe Graad R en vlak 1 wiskunde program, moet hulle met Hoofkantoor kontak maak.

Dankie aan Anel Zeederberg en haar ouers vir die organisasie om die byeenkoms weereens by hulle aan huis te kon hou.

SmartBrain Hoofkantoor sien daarna uit om julle almal volgende jaar Junievakansie by ons opleidingsgronde in Kaapstad te huisves. Maak nou reeds planne om Juniemaand Kaap toe te kom.

The ones who are crazy enough to think they can change the world, ARE THE ONES WHO DO.”