Klein Kabouterskleuterskool in Potchefstroom het besluit om SmartBrain se Voorskoolse Leerprogram by hul bestaande program te voeg. Hier onder is van links na regs Nicola de Lange (eienares) en Jeannene de Villiers (wat die program gaan aanbied). SmartBrain is opgewonde om te dink dat 150 leerders elke dag hierdie breinstimulasie gaan geniet.


Nicola skryf en se: “Ons het die kursus baie geniet en soveel geleer! Kan nie wag om te begin nie.”
Verder het Middelburg ‘n nuwe sentrumeienares, terwyl SmartBrain Klerksdorp en Potchefstroom so vinnig groei dat ‘n fasiliteerder vir beide plekke opgelei was. Van links na regs is daar:

Janine Smite – Middelburg
Zjaan Jansen van Rensburg – Potchefstroom
Bernadine vd Westhuizen – Klerksdorp
Welkom aan boord
