Kraaines Kleuterskool implimenteer SmartBrain

Die eienares van Kraaines Kleuterskool in Polokwane, Elize Fourie, het besluit dat SmartBrain deel van haar kleuterskool, in 2020, moet wees.  Teen die einde van 2019 het twee SmartBrain fasiliteerders van SmartBrain Hoofkantoor hulle opgelei in:

  1. Die SmartBrain Graad R leesprogram
  2. Die SmartBrain Graad R wiskunde program
  3. Die SmartBrain Voorskoolse Leerprogram

Kleuterskole is gaande oor die effek wat SmartBrain het op die kinders in hulle sorg! Hierdie leerders het meer selfvertroue om te kommunikeer, hul taalgebruik is beter en hul algemene kennis is iets uit ‘n ander wereld.

 

 

SmartBrain kleuters en peuters leer met behulp van SmartBrain se Voorskoolse leerprogram ‘n magdom nuwe feite. Elke week word ‘n nuwe tema gedoen en leerders leer o.a. die verskillende vissoorte,  soogdiere, uitvinders, kosbare stene, graansoorte, vee en belangrike landmerke, om maar net ‘n paar te noem.

 

SmartBrain maak kinders se leefwereld groter.