Lethoteng Gemeenskapsentrum in Clocolan

 

Van links na regs: Celia van Dyk, Nnuku Molahlehi, Hilda Mokhachane, Lineo Tsotsotso, Tshepo Mabaso en Brand van Dyk.

Met behulp van ‘n  ABSA skenking, het Marieta Groenewald, boervrou in die Vrystaatse dorpie Clocolan, van SmartBrain se lees en wiskunde programme aangekoop en SmartBrain versoek om van haar skool se onderwysers op te lei.

Marieta Groenewald, stigter van die Lethoteng-gemeenskapsentrum, wat al baie liefdadigheid projekte met sukses aangepak het, het ‘n ou pakhuis en ‘n buitegebou in ‘n skool met klaskamers omskep.  Daar is geen spoeltoilet of elektrisiteit nie. Omdat die behoefte so groot is en die onderwysers nie formele opleiding ontvang het nie, moet die onderwysers opgelei word om behoorlik onderrig te kan aanbied, was Groenewald se siening.

Hilda, Nnuku en Lineo in die klas, met ‘n welkome kaggel wat die Vrystaatse koue meer draaglik gemaak het.

Twee van SmartBrain se fasiliteerders het vir vier dae, drie onderwysers en die skoolhoof by die Imla gastehuis, net buite Clocolan, opgelei.  Die onderwysers se taak is groot, want alhoewel baie van hul leerders al tieners is, het hulle nog nie die basiese vaardighede van lees en wiskunde bemeester nie. Van hulle is 14 jaar oud en het nog nie eens ‘n pen in hulle lewe vasgehou nie.

Die SmartBrain fasiliteerders het vinnig uitgevind dat die Lethoteng-skool ‘n plek vir vrywilligers is.  Daar was aan hulle vertel dat 106 kinders elke dag hier skool gaan omdat hulle wil.  Tien mense werk by die skool, ook omdat hulle wil.  Van salarisse is daar nie sprake nie.  Die onderwysers hou skool, want vir hulle het dit ‘n liefdestaak geword.  Hulle is werklose mense wie se enigste beloning dikwels die vordering is wat hul leerlinge maak.  Geeneen van hulle is gekwalifiseerde onderwysers nie, maar hulle deel hul basiese kennis met liefde en toewyding sodat die kinders kan leer lees, skryf en somme maak.

Die leerlinge van die sentrum is straatkinders, weeskinders, gomsnuiwers en bedelaars.  Misdaad sal vir baie van hulle ‘n logiese stap in die stryd om oorlewing wees.  Hulle is die Vrystaat se weggooikinders.  Van hulle ma’s is prostitute uit Lesotho wat nooit die kinders geregistreer het nie.  Hulle kan nêrens skool gaan nie, want geen Suid-Afrikaanse skool wil ‘n kind sonder ‘n geboortesertifikaat aanvaar nie. Tot onlangs was dié kinders naamlose burgers van ‘n niemandsland sonder hoop.

Dit is vir SmartBrain ‘n groot voorreg om by so ‘n projek betrokke te kan raak.  Omdat die SmartBrain programme so logies op mekaar volg, met uitgewerkte lesplanne om die hande van die onderwysers te sterk, kon ons die opgewondenheid in hul stemtoon en reaksies tydens die leersessies aanvoel.  Uiteindelik is daar ‘n program, wat hulle glo, hul met groot vrug op hierdie kinders kan gebruik.

SmartBrain is vol vertroue dat hierdie weggooi kinders, met behulp van die SmartBrainprogramme vinnig vordering sal maak.  Dit is oor en oor bewys dat ‘n goeie fonetiese basis ‘n kind met lees, spelling en skryf help, ongeag die omgewing waarin hy of sy grootword.  Sodra ‘n kind meer begin lees, brei hul woordeskat uit en begin hulle om met groter begrip te lees.

Dankie aan ABSA en Marieta Groenewald, vir hul versiendheid om aan hierdie weggooi kinders ‘n sinvolle lewe te bied.

 

 

 

Opleiding in Potchefstroom – 14-06-2018

Klein Kabouterskleuterskool in Potchefstroom het besluit om SmartBrain se Voorskoolse Leerprogram by hul bestaande program te voeg.  Hier onder is van links na regs Nicola de Lange (eienares) en Jeannene de Villiers (wat die program gaan aanbied).  SmartBrain is opgewonde om te dink dat 150 leerders elke dag hierdie breinstimulasie gaan geniet.

Nicola skryf en se: “Ons het die kursus baie geniet en soveel geleer! Kan nie wag om te begin nie.”

Verder het Middelburg ‘n nuwe sentrumeienares, terwyl SmartBrain Klerksdorp en Potchefstroom so vinnig groei dat ‘n fasiliteerder vir beide plekke opgelei was. Van links na regs is daar:

Janine Smite – Middelburg

Zjaan Jansen van Rensburg – Potchefstroom

Bernadine vd Westhuizen – Klerksdorp

 

Welkom aan boord

 

 

 

 

Byeenkoms van Noordelike SmartBrain Sentrums 08-06-2018

Die jaarlikse Noordelike SmartBrainsentrum byeenkoms was weereens in Krugersdorp gehou.  Sentrums van tot so ver as Klerksdorp, Potchefstroom, Middelburg, Doornpoort, Edenvale en Standerton het moeite gedoen om hierdie Saterdagoggend die byeenkoms mee te maak. Marilyn Opperman het die byeenkoms geopen en Sentrums bedank vir hul toegewydheid aan SmartBrain en die jeug van ons land.  Sy het almal aangemoedig om te volhard en om die kwaliteit van hul werk hoog te hou. Daarna is sertifikate aan die beste SmartBrainsentrums in 2017 aan die onderskeie SmartBrainsentrumeienaars oorhandig.

Die wenners was as volg:

  1. SmartBrain Bellville – Van links na regs – Anel Zeederberg, Celia Albasini-van Dyk, en Marilyn Opperman en Brand van Dyk van SmartBrain Hoofkantoor

2. SmartBrain Klerksdorp – Loretha van Dyk

3. SmartBrain Edenvale – Daleen Saaiman

4. SmartBrain Standerton – Carla Human

SMARTBRAIN Sentrums wat ook baie goed gedoen het was:

5. SmartBrain Vredendal, 6. SmartBrain Benoni, 7. SmartBrain Pretoria Noord, 8. SmartBrain Brackenfell 9. SmartBrain Kuruman en 10 SmartBrain Lepelale

Daarna het SmartBrain Hoofkantoor ‘n ‘lucky draw’ gehad.

Cecile Scholtz van Speelgoedland kleuterskool in Doornpoort het SmartBrain se nuwe Graad R-wiskundeprogram gewen,

terwyl Bernadine en Priscilla van Klerksdorp elk ‘n nuwe Graad R-leesprogram gewen het.

Dit was Brand van Dyk se taak om vir almal van Worldwide Literacy te vertel en hoe die SmartBrainsentrums in die toekoms daarby kan baat. Worldwide Literacy is as Seksie 18 Nie-vir-wins maatskappy by SARS geregistreer met die uitsluitlike doel om donateurs te nader om ouers, kleuterskole en skole te help wat nie die finansies vir SmartBrain klasse het nie.

Daarna het Celia Albasini-van Dyk, skrywer van die SmartBrain Graad R en vlak 1 wiskunde program, kortliks opgesom waaroor die program gaan en hoe dit aangebied moet word. Baie van ons ouers vra of SmartBrain ook wiskunde aanbied en daarom dan het SmartBrain Hoofkantoor haar genader om te sien of hul nie ook in fondasie wiskunde kan spesialiseer nie.  Die program bestaan uit vier handleidings, een vir elke kwartaal, met werkskaarte vir elke week van die kwartaal. Haar program is op die CAPS uitkomste gebasseer.  Hierdie is voorwaar ‘n wonderlike toevoeging tot die SmartBrain programme.  SmartBrain beplan ook om Graad 2 en 3, wat dan vlak 2 en 3 sal wees, in die nabye toekoms te voltooi.

 

Nogmaals dankie vir elkeen wat SmartBrain so op die hart dra. Sou enige SmartBrain sentrum wat nie die byeenkoms kon meemaak nie, meer informasie wou bekom oor Worldwide Literacy en hoe hulle kan betrokke raak, of meer van die nuwe Graad R en vlak 1 wiskunde program, moet hulle met Hoofkantoor kontak maak.

Dankie aan Anel Zeederberg en haar ouers vir die organisasie om die byeenkoms weereens by hulle aan huis te kon hou.

SmartBrain Hoofkantoor sien daarna uit om julle almal volgende jaar Junievakansie by ons opleidingsgronde in Kaapstad te huisves. Maak nou reeds planne om Juniemaand Kaap toe te kom.

The ones who are crazy enough to think they can change the world, ARE THE ONES WHO DO.”

 

 

 

 

 

 

 

 

SmartBrain Grade R’s in Bellville South

20170612_091309Below are extracts from an article written by Astrid Februarie in the Tygerburger recently.  She wrote:

“In an effort to prepare learners for Grade 1, Bellville South Primary School is hoping to implement a programme to help stimulate the minds of their learners to make the learning process easier.

Diane Cupido, the principal, says there are far too many learners who start Grade 1 and don’t even know their own first name, age or how to pronounce the alphabet, and she is determined to change this at her school by means of the SmartBrain programme.

“This programme is aimed at learners who have difficulty processing information and remembering it as well.  We intend to start this programme in our Grade R classes as learning the basics, which include knowing the alphabet (sounds), knowing how to accurately write these letters in order to write their own names, because it is important to their academic career and they cannot be passed onto the next grade if they do not know these basics”, she says

Cupido says although they have several learners who attend the SmartBrain Child Development Institute in Bellville and have seen the progress, they found that there are more children who are in need and therefor approached the Institute to invest their skills at the school.

20170627_091001

“We do not only want to expose our grade R learners to the programme, but children in all grades who have developed a learning disability due to not learning or not being taught the necessary skills at a younger age,” she says.

The SmartBrain programme that was established and founded in Cape Town in 1996 by Marilyn Opperman and Brand van Dyk, has helped uplift countless struggling learners and have trained a multitude of parents to be forward-thinking in stimulating their children to give them greater opportunities to develop their potential.

Their mission is to equip learners, parents and educators with scientifically proven learning methods and information about how the brain can be programmed for giftedness so that they will know how to lay the right foundation from birth right through to adulthood, to serve as springboard from where success can be achieved in all spheres.

Cupido says the school is in talks with a sponsor to make the programme available to all learners and teachers, and once this is finalised the programme will be running at the school three times a week with follow up meetings with parents every three months.

“This would help us reach our academic goals we have set out for ourselves,” she adds.

SmartBrain’s advanced study and memory programme:

Dalron Pedro, Grade 12 learner at Settlers High, says thank you. Six months ago his marks for Afrikaans were 40%. Due to SmartBrain’s intervention he passed his final year with 69% for Afrikaans.

 

IMG-20170215-WA0000

Prof Kobus Maree says in his book “Make your child brighter”, that study does not only improve the child’s performance, but  it always leaves a psychological residue. He says that something remains with the child, something rubs off on the child, and that the child gradually acquires a larger frame of reference. In other words, he says: with every little bit of information the  child masters, he/she becomes a little brighter.